William Henry Bragg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gaan na navigasie Gaan na soektog
William Henry Bragg

William Henry Bragg (2 Julie 1862, Wigton – 12 Maart 1942, Londen) was 'n Britse wiskundige en fisikus.

William Henry Bragg het veral bekend geword vir die werk wat hy saam met sy oudste seun William Lawrence Bragg gedoen het oor X-straaldiffraksie op kristalle, waarvoor hulle gesamentlik die Nobelprys vir Fisika in 1915 ontvang het.

Biografie

[wysig | wysig bron]

William Henry Bragg is in Westward naby Wigton gebore, die seun van Robert John Bragg, 'n voormalige handelaarsvaarder, en sy vrou Mary Wood. Toe hy sewe jaar oud was, het sy ma gesterf en hy is deur sy oom, William Bragg, in Leicestershire grootgemaak. Hy is opgevoed by Market Harborough Grammer School, King William's College, Man en Trinity College (Cambridge) waar hy wiskunde studeer het. In sy finale jaar het hy ook lesings by die Cavendish-laboratorium bygewoon wat deur J.J. Thomson en Lord Rayleigh. In 1884 het hy as derde hoodte in wiskunde gegradueer en in 1885 behaal hy 'n eerste klas in die Wiskundige Tripos-eksamen.

In 1885 het Bragg na Australië vertrek toe hy aangestel is as ouer professor in wiskunde en eksperimentele fisika aan die Universiteit van Adelaide. Aan die einde van 1908 het hy saam met sy gesin na Engeland teruggekeer. Hy was agtereenvolgens Cavendish Professor aan die Universiteit van Leeds (1909-1915), Quain Professor in Fisika aan University College London (1915-1925) en Fullerian Professor in Chemie aan die Royal Institution (1925-1945). Hier het hy 'n groep gestig vir die ontleding van organiese kristalle, wat van fundamentele belang vir molekulêre biologie geblyk het, te wees.

Bragg was getroud met Gwendoline Todd (1869-1929), dogter van die Australiese sterrekundige sir Charles Todd. Hulle het 'n dogter, Gwendoline, en twee seuns, William Lawrence en Robert Charles, gehad. Seun Robert is in die Eerste Wêreldoorlog tydens die Slag van Gallipoli gedood.

Dit was as gevolg van sy werk as 'n dosent in wiskunde en fisika aan die Universiteit van Adelaide dat die wiskundige-opgeleide Bragg in eksperimentele fisika moes delf. In 1914, ter voorbereiding van 'n toespraak aan die Australasiese Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap in Dunedin, het hy 'n onlangse werk van Marie Curie gelees wat 'n verduideliking bevat wat nog nie voorspel is nie. Curie het gewys dat wanneer 'n radiumatoom verval, 'n heliumatoom in die vorm van alfastraling vrygestel word.

Bragg het nuuskierig geraak oor hoe alfa-deeltjies deur die lug beweeg. In 'n eksperiment met 'n blok radium het hy - op verskillende afstande - die ionisasie van lug deur alfadeeltjies gemeet. Dit het gelei tot die Bragg-kurwe wat na hom vernoem is. Met die eksperiment het hy gewys dat die ionisasie van 'n alfadeeltjie meer doeltreffend is aan die einde van sy trajek as aan die begin.[1]

Tussen 1904 en 1908 het Bragg sy eksperimente in beta-, gamma-, maar veral alfastraling voortgesit. Later het hy sy aandag op X-strale gevestig. Aangemoedig deur Ernest Rutherford het Bragg die resultate van sy navorsing in Britse tydskrifte soos The Philosophical Magazine en The Philosophical Transactions of the Royal Society gepubliseer.

In 1912 het sy seun, fisikus Lawrence Bragg, die wet ontdek wat na hom genoem is oor die diffraksie van X-strale deur kristalle. Hierna het pa en seun Bragg voortgegaan om saam te werk om die eerste ionisasiespektrometer te ontwerp – die voorloper van alle moderne X-straal- en neutrondiffraksiemeters. Die resultaat van hul gesamentlike navorsing is in 1915 gepubliseer in die werk X Rays and Crystal Structure.[2]

Die Royal Institute Kerslesings

[wysig | wysig bron]

Bragg het twee keer gepraat by die Royal Institution Christmas Kerslesings, wat steeds jaarliks in Londen deur die Royal Institution of Great Britain gehou word. In 1919 en 1923 was sy onderwerpe The World of Sound en Concerning the Nature of Things.

Erkenning

[wysig | wysig bron]

William Henry het verskeie toekennings vir sy werk ontvang, insluitend die Nobelprys in Fisika (1915), die Matteucci-medalje (1915), die Rumford-medalje (1916), die Copley-medalje (1930), die Franklin-medalje (1930) en die Hughes-medalje (1931), die Faraday-medalje (1936) en die John J. Carty-toekenning van die Nasionale Akademie van Wetenskappe (1939). In 1920 is William Henry tot ridder geslaan en toegelaat om as Sir aangespreek te word. Van 1935 tot 1940 was hy president van die Royal Society. Die mineraal braggiet is na hulle vernoem.

Werke

[wysig | wysig bron]
  • Studies in Radioactivity (1912)
  • X Rays and Crystal Structure (1915, met Lawrence Bragg)
  • The World of Sound (1920)
  • Concerning the Nature of Things (1925)
  • Creative Knowledge: Old Trades and New Knowledge (1926)
  • An Introduction to Crystal Analysis (1928)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. W.H. Bragg, R. Kleeman, 1904, On the Ionization of Curves of Radium. Philosophical Magazine S.6, volume 8, issue – 48, bl. 726-738, doi -10.1080/14786440409463246
  2. X rays and crystal structure, G.Bell and Sons Ltd, Londen