Portaal:Krieket
Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens
Welkom by Wikipedia se portaal vir krieket. Krieket is ’n boul-en-kolf-sport gespeel tussen twee spanne van elf spelers elk op ’n krieketveld in die middel van ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) met ’n paaltjie aan elke kant bestaande uit twee dwarsbalkies op drie paaltjies. Die wedstryd vorder wanneer ’n speler, die bouler genoem, van die span wat veldwerk doen die bal wettig van die een kant van die kolfblad na die ander kant na die paaltjies boul, met ’n boulbeurt wat klaar is sodra hulle ses wettige balle afgestuur het. Die kolfspan het ’n speler by elke kant van die kolfblad, met die speler oorkant die paaltjies van die bouler wat probeer om die bal van die bouler met sy kolf te slaan. Die kolfspan teken lopies aan wanneer die bouler die bal onwettig na die kolwer boul, die bal die veldgrens raak of wanneer die twee kolwers tussen die twee paaltjies hardloop, gelykstaande aan een lopie. Die veldwerkspan probeer om die aantal lopies te beperk en elke kolwer uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). Maniere van uitskakeling sluit in uitgeboul, wanneer die geboulde bal die paaltjies raak en die dwarsbalkies afval, en vir die veldwerkspan deur die vang van ’n geslane bal voordat dit die grond raak, of om ’n paaltjie met die bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjie bereik en ’n lopie aanteken. Wanneer tien kolwers uitgehaal is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde.
|
Uitgesoekte artikel
Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men's T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is. Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word, met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is. As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die destyds langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie.
16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Nieu-Seeland het Engeland geklop, waardeur twee spanne mekaar in die T20I-wêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – mekaar in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015 asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie.
Voorbladartikels
Afghaanse nasionale krieketspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Hongkongse nasionale krieketspan - Ierse nasionale krieketspan - Indiese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale krieketspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Namibiese nasionale krieketspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan - Proteas - Skotse nasionale krieketspan - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2021 - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan
Algemeen
In nasionale en internasionale krieket is daar drie spelvorme wat verskil in speellengte.
Die tradisionele vorm is Eersterangse krieket wat oor twee kolfbeurte oor ’n aantal dae gespeel word. Op internasionale vlak word dié spelvorm deur die twaalf volle lede van die beheerliggaam Internasionale Krieketraad as toetskrieket beslis. Dit word veral tydens internasionale toere deur hierdie volle lede saam met ander spelvorme gespeel. Sedert 2019 word in hierdie spelvorm die Wêreldtoetskampioenskap beslis.
Sedert 1963 word eendaagse wedstryde gespeel, genoem A-lys-krieket. Elke span speel een kolfbeurt wat meestal uit 50 boulbeurte bestaan. As die IKR aan die nasionale span ’n bepaalde kwaliteit toeken, mag hulle in Internasionale eendagwedstryde (EDIs) speel. Sedert 1975 word in hierdie spelvorm krieketwêreldbekertoernooie beslis (vir vroue sedert 1973 die vrouekrieketwêreldbeker). ’n Ander belangrike toernooi in hierdie spelvorm is die Kampioenetrofee.
In 2003 is die nuutste spelvorm Twintig20 ingevoer. Soos in EDI-krieket word een spelafdeling beslis wat uit 20 boulbeurte per span bestaan. Sedert 2007 word in hierdie spelvorm T20I-wêreldbekertoernooie beslis (vir vroue sedert 2009 die T20I-vrouewêreldbeker).
Aanhalings
Cricket owes much of its appeal and enjoyment to the fact that it should be played not only according to the Laws, but also within the Spirit of Cricket. — Laws of Cricket
|
Uitgesoekte beeld
’n Krieketwedstryd met spelers van die krieketklub in Padangpark met die Marina Bays Sands Hotel op die agtergrond, soos gesien van die Singapoerse Nasionale Galery.
Krieketnuus
- Die T20I-vrouewêreldbeker 2024 duur voort met die eerste rondte in verskeie stede van die Verenigde Arabiese Emirate, die gasheerland.
- In die eindstryd van die T20I-wêreldbeker 2024 op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados verslaan Indië Suid-Afrika met sewe lopies en palm sodoende sy tweede T20I-wêreldbekertitel in.
- Krieket Suid-Afrika maak die agt stadions op die kortlys vir die Krieketwêreldbeker 2027 bekend, hulle is Bolandpark in die Paarl, Buffalopark in Oos-Londen, SuperSport-park in Centurion, Kingsmead in Durban, Mangaung-ovaal in Bloemfontein, Nuweland in Kaapstad, St. Georgespark in Gqeberha en Wanderers in Johannesburg.
- Die Suid-Afrikaanse krieketkaptein en -keurder Mike Procter sterf op 77 in Durban.
- In die eindstryd van die o/19-krieketwêreldbeker in Suid-Afrika verslaan Australië Indië met 79 lopies en palm sodoende sy vierde o/19-titel in.
Het u geweet...
...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.
...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?
Uitgesoekte span
Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan (Engels: Papua New Guinea national cricket team), met die bynaam Barramundis, is die nasionale krieketspan wat Papoea-Nieu-Guinee in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket PNG (CPNG, van Engels: Cricket PNG) en het in 1973 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword. Ná hul vierde plek tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 is aan Papoea-Nieu-Guinee EDI-status toegeken. In Maart 2018 was Papoea-Nieu-Guinee beide sy EDI- en T20I-status kwyt, nadat hulle in die uitspeelwedstryd van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 deur Nepal verslaan is, waardeur hul opponent op sy beurt EDI- en T20I-status ontvang het. Op 26 April 2019 het Papoea-Nieu-Guinee in die eindstryd van die Wêreldkrieketliga se afdeling twee Oman verslaan en sodoende in die vierde plek geëindig en hul EDI-status herwin.
Papoea-Nieu-Guinee is die sterkste span sonder toetsstatus in die IKR Oos-Asië-Oseanië-streek en hulle het die meeste plaaslike IKR-toernooie gewen en beskik oor ’n soortgelyke rekord in die Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi. Die span het ook aan elke Krieketwêreldbekerkwalifisering (voorheen die IKR-trofee genoem) deelgeneem, maar kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Papoea-Nieu-Guinee hou die wêreldrekord vir die hoogste telling in ’n EDI-wedstryd, nadat hulle in 2007 572/7 teen Nieu-Kaledonië aangeteken het.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Papoea-Nieu-Guinee ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Papoea-Nieu-Guinee is tans (September 2024) 20ste op die Twintig20-wêreldranglys.
Krieket in hierdie jaar
Krieket in 2024:
- Australië wen die eindwedstryd van die o/19-krieketwêreldbeker teen Indië met 79 lopies en palm sodoende sy vierde titel in. Die gasheer Suid-Afrika en Pakistan was die ander twee semi-finaliste.
- Indië wen die eindwedstryd van die T20I-wêreldbeker 2024 teen Suid-Afrika met sewe lopies en palm sodoende sy tweede T20I-wêreldbekertitel in. Afghanistan en Engeland was die ander twee semi-finaliste.
- 3–20 Oktober – Die T20I-vrouewêreldbeker 2024 word in die Verenigde Arabiese Emirate beslis.
Verwante portale
Beheerliggame
Spanne
Toernooie
Kampioenetrofee | |||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |
Wêreldtoetskampioenskap | |||
---|---|---|---|
Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 • Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 • Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 • 2025–2027 • 2027–2029 • 2029–2031 |