Miami Marlins

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die Miami Marlins (voorheen bekend as die Florida Marlins) is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Miami, Florida. Die Marlins ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Oostelike Divisie (NL-Oos) Die span se tuisveld is LoanDepot Park.[1] Die span se kleure is swart, Miami-blou en leiklipgrys.[2][3][4]

Die franchise het in die 1993-seisoen as 'n uitbreidingfranchise begin speel, aanvanklik onder die naam Florida Marlins. Die Marlins het hul tuiswedstryde aanvanklik by die Joe Robbie-stadion gespeel, wat hulle met die Miami Dolphins van die National Football League (NFL) gedeel het. In 2012 het die span na LoanDepot Park (toe bekend as Marlins Park) verskuif, die span se eerste eksklusiewe stadion en die eerste wat as 'n bofbalpark ontwerp is.[5][6] As deel van hul ooreenkoms vir die gebruik van die stadion met die eienaar van die stadion, Miami-Dade County, het die span ook hul naam verander na die Miami Marlins voor die aanvang van die 2012-seisoen.[7]

Met 'n wenrekord van 2,241 wedstryde gewen en 2,609 wedstryde verloor ('n wenpersentasie van .462) het die Marlins die laagste wenpersentasie onder die aktiewe MLB spanne, en ook die minste naseisoen verskynings (vier).[8] Ten spyte hiervan het die Marlins die Wêreldreeks gewen tydens hul eerste twee verskynings in die uitspeelrondtes in 1997 en 2003. Slegs drie spelers was deel van die Marlins-span in albei Wêreldreekse: Jeff Conine, Luis Castillo en Rick Helling (Conine en Castillo is die enigste spelers wat 'n duisend wedstryde vir met die span gespeel het).[9] Al vier hul uitspeelwedstryde was as "wild card"-span, wat hulle ook een van twee MLB-franchises maak (saam met die Colorado Rockies) wat nog nooit 'n divisietitel kon wen nie, sowel as die enigste franchise wat nog nooit in opeenvolgende uitspeelrondtes verskyn het nie. Die Marlins was ook die eerste span wat die Wêreldreeks as 'n "wild card"-span gewen het. Ook opmerklik is die feit dat die Marlins geen afgetrede truinommers het nie, met die uitsondering van Jackie Robinson se truinommer 42, wat deur alle spanne afgetree is in 1997.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hul vorige tuiswedstryde is gespeel by Sun Life Stadium (1993–2011)
  2. Frisaro, Joe (15 November 2018). "Marlins unveil club's new logo, colors". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 16 November 2018.
  3. MLB Advanced Media (15 November 2018). "A new look, a new style, a new vision: introducing our colores -- the next-generation identity of the Miami Marlins". Persberig. https://www.mlb.com/marlins/news/the-next-generation-identity-of-the-miami-marlins/c-300790406. Besoek op 16 November 2018. 
  4. "Marlins 2019 Uniforms". Marlins.com. MLB Advanced Media. 16 November 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op 29 Augustus 2022.
  5. Frisaro, Joe (27 September 2011). "Sun to set on Sun Life Stadium". MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2015. Besoek op 13 Augustus 2015.
  6. Tompkins, Wayne (24 Mei 2007). "Commissioners OK plan to have Marlins change name, spring-training site". Miami Today. Besoek op 10 Julie 2018.
  7. Frisaro, Joe (10 November 2011). "New name, but deep-rooted tradition in Miami". MLB.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2014. Besoek op 10 November 2011.
  8. "Miami Marlins Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com (in Engels). Besoek op 10 April 2023.
  9. Navarro, Manny; Fernandez, Andre. "Which Florida Marlins World Series-championship team is better: 1997 or 2003?".

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]